Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for Landbouweekblad by Media 24 Ltd - Available

Landbouweekblad

Dec 14 2023
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

Reusebesoeker

Die ander sê • Nuwe immigrasieplan is vol dwaashede

Stories wat in die landbou saak maak

Broodnodige kos raak steeds duurder

Hitte kan dié someroes maak of breek • Daar heers ondanks die koms van ’n El Niño-verskynsel versigtige optimisme oor die nuwe somergraanseisoen.

Diepe waters van die platteland

Briewe

Is dié mooi markstorie ’n spekskietery?

Snywurms laat boere én kundiges kopkrap • Boere in die oostelike produksiegebiede staar vanjaar reuseverliese in die gesig weens snywurms, en kenners maan dat plaagbestryding nie agterweë gelaat kan word wanneer boere hul produksiepraktyke verander nie.

Transnet: Só kan dit nie aangaan! • Die landbou kan nog maande lank die gevolge dra van die verwoestende opeenhopings wat die land se twee grootste hawens in November gery het.

Nuwe immigrasieplanne kan landbou-arbeid ontwrig • Gróót veranderinge is tans onderweg aan Suid-Afrika se immigrasiewetgewing. Hoewel dit gemik is daarop om ernstige gebreke reg te stel, kan dit ook komplikasies vir die landbouwerksmag besorg.

Bly só veilig in die feestyd • Waaksaamheid, ’n veiligheidsplan, ’n goeie verhouding met plaaswerkers, kommunikasie met die bure en ’n veilige plek in die huis is van die beste maniere om die komende vakansieseisoen veilig te bly.

Limpopo neem voortou met veiligheidsplan • Limpopo het onlangs die eerste provinsie geword waar die landbou en landelike gemeenskappe saam met die polisie ooreengekom het op ’n toepassingsplan vir die provinsie se landelike veiligheidstrategie.

Paaie voos wyl amptenare aangekla word • Strafregtelike aanklagte staar twee hoëvlakamptenare in die Noord-Kaap in die gesig, terwyl die verantwoordelike departement se padskrapers en operateurs hulle dikwels op verskillende plekke bevind.

Goeie mielie-oes gee landbou se geldsake hupstoot • Hoewel die inkomste van die Suid-Afrikaanse landbou die afgelope jaar gestyg het, neig winsgewendheid die afgelope paar jaar laer. Die kosteknyptang waarin ’n groot deel van die ekonomie vasgevang is, werk ook deur na die landbou.

Logistiek en tegnologie die ruggraat van Spar se sukses • Die Spar-groep — een van die vier groot supermarkgroepe in Suid-Afrika — se sukses berus op die verwantskap tussen die groep en onafhanklike winkeleienaars met wie hy ooreenkomste het, maar ook tussen die winkeleienaars onderling.

Sorghum ’n onontginde goudmyn?

Kommer oor pekanneute se toekoms ‘ongegrond’

Kunsmistoediening: 3 vernuwings op wêreldlandbouskou

10 topneigings in besproeiing • Doeltreffende besproeiing is die sleutel tot ’n suksesvolle boerdery, maar boere word in die gesig gestaar deur groot kwessies, soos die beskikbaarheid en gehalte van water en ’n energiekrisis om pompe aan te dryf. Hier is ’n paar neigings wat kenners meen tans witwarm is in die besproeiingsbedryf.

Minder water, maar beter gehalte • Beurtkrag en klimaatsverandering het die behoefte aan doeltreffende beheerde tekortbesproeiing versnel. Dié beginsel, waarvolgens minder besproei word, kan in die toekoms ’n belangrike rol speel in die bestuur van gewasse en optimale produktiwiteit en gehalte. Hoewel die tegniek nog in sy kinderskoene is, word dit verfyn.

Van ingenieur tot suksesvolle groentesaadboer • As jy twaalf jaar gelede vir Johan Strasheim gesê het hy sou een van ’n hand vol groentesaadboere in die Klein-Karoo word wat tonne hoëgehalte-groentesaad vir uitvoer lewer, sou hy jou waarskynlik...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans